NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Similar documents
ONTWERP GRAAD

ONTWERP RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE. Hierdie riglyne bestaan uit 10 bladsye.

Forestry and pastures. Marangatu Sementes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hi-Performance Sport Centre Centurion

Grow Your Own Vegetables. Kweek Jou Eie Groente

ONTWERP EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12. Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye.

Performance of Rootstock Cultivars in the Avocado Phase II Evaluation Programme: 1997

Further studies on leaf blackening of proteas

MULTI-NODAL TRANSPORT INTERCHANGE HUB M A R A B A S T A D

GRADE 12 SEPTEMBER 2013 DESIGN P1

LNTB LIEDJIES SONGS 1

HUMOX. A concentrated Liquid Soil Conditioner made from renewable plant-derived organic matter containing fulvic acid.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 ONTWERP V1 (TEORIE)

Rappid K POTASSIUM POLYPHOSPHATE KALIUM POLIFOSFAAT FERTILIZER GROUP 1 MISSTOF GROEP 1

Anchors Aweigh Newsletter

An a t o m y 101: A Hu m a n An a t o m y Ce n t r e. by Janes Botha

The object of experience

Cultivar and Selection Performance in the Avocado Phase II Evaluation Programme: 1997

index Incanda furniture index

Irmé van Zyl Privaat Posbus 567, Upington Jangroentjieweg 4, Keidebees, Upington

WORCESTER/WYZERSDRIFT UPGRADE OF 20.7KM OF MAIN ROAD 298 BASIC ASSESSMENT (REF: 16/3/1/1/B2/32/1090/12) COMMENTS ON THE BID, ADVERT AND REGISTRATION

VICEGRIP Immobiliseerder

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ANTAGON. Reg. No. L 8842, Act/Wet No/Nr 36 Van/Of 1947 FRAC FUNGICIDE GROUP CODE M7 FRAC SWAMDODER GROEPKODE. Active ingredient/aktiewe bestanddeel:

However, I think we can still take heed of the advice and start practising this way of life, especially if you find it hard to relax and unwind.

GREATER STUTTERHEIM FIRE PROTECTION ASSOCIATION GROTER STUTTERHEIM BRANDBESKERMINGSVERENIGING (/Registration No 1090/01)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Reg. No. L3655, Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-AR 1205 Reg. Nr. L3655, Wet Nr. 36 van 1947 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1205

Genetiese algoritmes vir rekenaargesteunde induktor-ontwerp

BOTRYNIL. Reg. No./Nr. L 8271 Act/Wet No./Nr. 36 of/van 1947 FRAC FUNGICIDE GROUP CODE 9 FRAC SWAMDODERGROEPKODE

SAYONARA. Reg. No. L 9384, Act/Wet No/Nr 36 Of/Van1947 INSECTICIDE GROUP CODE 4A INSEKDODERGROEP KODE. Contents l Inhoud

WARNINGS... 2 PRECAUTIONS... 2 SYMPTOMS OF HUMAN POISONING... 3 FIRST AID TREATMENT... 3 NOTE TO PHYSICIAN... 3 DIRECTIONS FOR USE...

PHILAGRO SOUTH AFRICA DANTOP 20SC NEMESIS* 100 EC INSECTICIDE GROUP CODE 4A INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 ONTWERP V1

SOLSTAR. Reg. No. L. 7968, Act/Wet No/Nr 36 Of/Van 1947 HRAC: HERBICIDE GROUP CODE O HRAC: ONKRUIDDODER GROEPKODE.

CapaciT GG. Reg. No. /Nr L 9695, Act/Wet No. /Nr 36 Of Van 1947 HERBICIDE GROUP CODE C2 ONKRUIDDODERGROEPKODE. Active ingredient/aktiewe bestanddeel

MILBEKNOCK 1% EC. Reg. No.: L 6654 Act No. 36 of 1947

Reg. no. L9748 Act/Wet 36 of/van 1947 ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL. Metamitron (triazinone) g/l... Metamitron (triasinoon)

Cutting Edge RESEARCH NEWS FROM CITRUS RESEARCH INTERNATIONAL March 2010 No 97

MAXIDOR Reg. No. L8771 Act No / Wet Nr 36 / 1947

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

PHOSTEMIC 400 SL. Reg. No. L10458 Act/Wet No/Nr 36 of/van siektes op gewasse soos aangedui.

Valent BioSciences, a division of Philagro South Africa Pty Ltd/ n divisie van Philagro Suid Afrika Edms Bpk.

Before using this product read the label carefully. Cylam 50 EC

The Opening of the Pretoria National Botanic Garden. R. A. Dyer.

Act No. 36 of 1947 S.A. Reg. No: L8606 / Nam Reg. No: N-AR 1176

K O NFER ENSIE CONFERENCE OCTOBER 0 CTO DEI* PAR ICE-AFD ELINGS EN D IE BEVOLK ING S - PARKS DEPARTMENTS AND THE PO PU LA T IO N

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 ONTWERP V1

Rovral Flo. Reg. no. / Reg. nr. L1046 (Act No. 36 of 1947/ Wet Nr. 36 van 1947)

BUDBREAK. Reg. No. L5951, Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L5951, Wet Nr. 36 van 1947

Plant Growth Regulator A defoliant and leaf regrowth

FRAC SWAMDODER GROEPKODE 9 & 12 FRAC FUNGICIDE GROUP CODE

Packaging / Verpakking: 4 kg

Grafiese Ontwerp - Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Navrae: (018)

Melody Duo. Melody Duo. Fungicide 69 WG. Packaging / Verpakking: 10 kg 69 WG

TRICHLORFON 950 SP. Reg. No. L 7407 Act/Wet No. 36 of/van 1947

DiTera DF. Reg No./Nr. L8477 Act/Wet No./Nr.36 of/van 1947 DRY FLOWABLE GRANULE / WATERDISPERGEERBARE KORREL. Active Ingredient / Aktiewe bestanddeel

CLODINAGAN 240 EC Reg. No. L 8383 Act / Wet 36 / 1947 N-AR 1053

Herbicide A safened emulsifiable concentrate herbicide for the selective control of certain broadleaf weeds in wheat and barley.

Fungicide A fully systemic fungicide formulated as a water dispersible granule, for the control of the diseases mentioned on the crops listed.

1 l. UN Number: 3082 VERWYS NA BESONDERHEDE GEDRUK OP HOUER/SAK GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT. Formuleringsdatum: Date formulated:

DIPEL DF. Reg No./Nr. L 6441 : Act/Wet 36/1947

LET GN MAKE A DIFFERENCE TO YOUR BUSINESS - phone EWS. a special discount offered to all residents of Greenways!!

Regulex 10 SG. Reg No./Nr. L5120 Act/Wet 36/1947

WORCESTER/WYZERSDRIFT UPGRADE OF 20.7KM OF MAIN ROAD 298 BASIC ASSESSMENT (REF: 16/3/1/1/B2/32/1090/12) COMMENTS ON THE BID, ADVERT AND REGISTRATION

PHILAGRO S A S M I T E* Reg. No. L6011 Act /Wet No. 36 van / of / 1947 Amended April 2018 ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDELE:

Packaging / Verpakking: 1 L

AUTUMN NUTRITION AND IRRIGATION WITH SPECIFIC REFERENCE TO STONE FRUIT IN TIMES OF WATER SHORTAGE

IMIBOOST BLUE BAND. Active ingredient / Aktiewe bestanddeel : Ammonium sulphate g/l. Ammoniumsulfaat. Netto Volume l Net Volume

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Reg. no. L8968 Act/Wet 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 2B IRAC INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

Reg. no. L9294 Act/Wet 36 of/van 1947 FRAC FUNGICIDE GROUP CODE 40 & M4 FRAC SWAMDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

Read the label carefully before opening / Lees die etiket sorgvuldig voordat oopgemaak word MECTI

PRIME 400 SC. Nematicide & Fungicide. Packaging / Verpakking: 1L & 5 L

LAWNTYL 500 SC Reg. no. / Reg. nr L8357 Act / Wet 36 of / van 1947

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ONTWERP V1 (TEORIE) MEMORANDUM

Departement Historiese Studies Universiteit van Johannesburg E-pos:

AVI-FORTROL SC Reg. No. / Nr.: L7696 Act / Wet 36 /1947

CHAIRMAN S GOLF DAY RESULTS, PICTURES AND SPONSORS P4 / 5

Reg. Nr. L6840 Act No. / Wet Nr. 36 of / van 1947 N-AR 1042 FUNGICIDE GROUP CODE 13 SWAMDODERGROEP KODE ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL

500SC. Fungicide A suspension concentrate fungicide with mesostemic properties for control of various diseases on crops as listed.

Fungicide A systemic suspension concentrate fungicide with mesostemic properties for the control of the diseases mentioned on the crops listed.

ODEON 720 SC Reg. No. / Nr. L 7596 Act No. / Wet Nr. 36 of / van 1947 N-AR 0913

IrrigationWise Academy

Packaging / Verpakking: 250 ml CAUTION VERSIGTIG

Reg. No. L8303 Act/Wet 36/1947 N-AR 1681 HERBICIDE GROUP CODE E ONKRUIDDODER GROEPKODE. Active Ingredient / Aktiewe Bestanddeel

240 OD 240 OD. Insecticide A foliar applied systemic oil dispersion insecticide for the control of the insects mentioned on the crops listed.

VIRUSSIEKTES EN PLANTLUISE

Display Carton / Uitstalkarton MAKHRO ROSE PROTECTOR Reg No L 8114 Act/Wet 36 / 1947

(triazolopyrimidine sulfonanilide). 840 g/kg.. (triasolopirimidien sulfonanilied) NET MASS... g... NETTO MASSA

REG. NO. L6557 ACT No. 36 of 1947 / WET Nr. 36 van 1947 W N-AR 1040 IRAC: INSECTICIDE GROUP CODE 5A IRAK: INSEKDODER GROEP KODE

Organic Agricultural Chemical Products

Read the label carefully before opening PHOSGUARD 400 SL. Malawi Reg. No. / Reg. Nr. MW/PCB/2016/0756

Reg. no. L9480 Act/Wet no. 36 of/van 1947 N-AR 1501 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 4A & 15 IRAC INSEKDODERGROEPKODE

BUNGY 15 SC. Reg. no. L7461 Act/Wet 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 3A IRAC INSEKDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

Museology. Establishing the visitor s interaction between research, education and exhibition in the Ditsong: National Museum of Cultural history

Reg No L3459 Act/Wet Nr. / No. 36 of / van 1947

Cape Environmental Assessment Practitioners (Pty) Ltd

A Pe an LENTE Pecan Orchard Establishment. Nuwe Seisoen Bring Nuwe Hoop. Save the Date: SAPPA AGM 6&7 November 2015 Pongola.

Transcription:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V2 PRAKTIESE VRAESTEL NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: LU1: Praktiese proses/voorbereiding by die skool en/of tuis (50) LU2: Praktiese produk onder toesig slegs by die skool gedoen, 18 uur (50) Eksamendatums: Word deur elke provinsie bepaal Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylae.

Ontwerp/V2 2 DoE/November 2009 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. 2. Die vraestel bestaan uit TWEE dele: Die eksamenwerkboek/bronboek (LU1) (A3-grootte) (50 punte) Die finale praktiese eksamenproduk (LU2) (50 punte) TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Die vraestel bestaan uit twee opsionele onderwerpe. Kies slegs EEN van die twee. 1. OPDRAG/ONDERWERP: Eendag lank, lank gelede ons soek 'n nuwe held Kontemporêre en tradisionele booswigte en helde verteenwoordig temas soos dood en hergeboorte in mites. Somtyds duik beelde in ons drome op beelde in die vorm van helde wat ons bewonder en wat tot ons redding kom of booswigte wat ons bedreig en bang maak. Karakterisering in letterkunde en feëverhale is dikwels baie eenvoudig karakters is óf volkome goed óf volkome sleg. Helde het magiese kragte towerspreuke wat 'n nuwe wêreld kan voortbring soos Nelson Mandela. Magiese voorwerpe soos 'n sagte speelding kan as troos vir 'n kind gegee word; kan transformasies aan die gang sit en wense laat waar word. 'n Enkele feëverhaal bestaan oor die algemeen uit verskillende weergawes dwarsoor die wêreld elke storie sal op verskillende maniere deur verskillende mense vertel word, afhangende van hulle eie ervarings van die betrokke storie. Meer as 500 weergawes van die Aspoestertjie-verhaal, wat tien teen een afgelei is van die waarheid of 'n werklike gebeurtenis, is opgeteken. Elke feëverhaal het verskillende storielyne, byvoorbeeld 'n familielid verlaat die huis, die booswig doen 'n familielid skade aan of beseer hom/haar, die held of heldin keer terug en die booswig word gestraf. Moderne helde en booswigte is karakters wat maar al te bekend is aan ons van feëverhale tot sepies soos Generations en Days of our Lives; vanuit die vermaaklikheidswêreld waar mense soos Madonna en Britney Spears hulle stories ontwikkel, en die sportwêreld waar sterre soos Bryan Habana en Maradonna skitter. Daar is maatskaplike helde soos Moeder Theresa, en omgewingshelde soos Julie Bargmann. Voorbeelde is volop in ons kontemporêre wêreld. In al hierdie stories sal ons die held of heldin vind, die bose heks of booswig, die 'prinses' en die 'prins op die wit perd', die hofnar of komiese grapjas. Jy moet deur middel van ontwerp jou verhaal van die goeie en/of die bose vertel.

Ontwerp/V2 3 DoE/November 2009 Daar kan baie voorbeelde wees. Jy mag byvoorbeeld kies om inligtingsontwerpprodukte/-stukke te skep, byvoorbeeld plakkate, brosjures, ensovoorts om 'n produksie van JOU "feëverhaal" te adverteer of te bemark. Of jy mag verkies om driedimensionele ontwerpe te skep, byvoorbeeld toneelrekwisiete vir 'n verhoog- of televisieproduksie van jou storie. Sommige mag weer verkies om drie- of tweedimensionele produkte, soos kostuums/modes, illustrasies of boekomslae, te skep om die storie oor te dra. Maak EEN ontwerp in die dissipline wat jy gekies het, na aanleiding van jou interpretasie van bostaande tema. Jy mag van enige media/materiale/metodes gebruik maak om jou idee oor te dra. LET WEL: Enige kopiëring van bestaande karakters, strokiesprente, Disney-skeppings of feëverhale sal as plagiaat beskou word en streng gepenaliseer word.

Ontwerp/V2 4 DoE/November 2009 'N VOORBEELD VAN 'N OU FEËVERHAAL: SKOONLIEF EN DIE ONDIER: Eendag lank, lank gelede 'n Ryk handelaar het saam met sy drie dogters in 'n stad gebly. Die jongste dogter se naam was Belle (Frans vir "Beeldskoon"). Die handelaar het later al sy rykdom verloor en hy en sy dogters moes op die platteland gaan woon. Na 'n paar jaar hoor hy dat een van die handelskepe wat hy vroeër uitgestuur het, in die hawe aangekom het. Hy keer toe gevolglik terug na die stad, maar voordat hy gaan, vra hy sy dogters of hulle enige geskenke begeer. Sy twee oudste dogters vra toe vir juwele en rokke; Belle was tevrede met die belofte van 'n roos omdat daar geen rose in hulle deel van die land gegroei het nie. Die handelaar het gevind dat daar op die vrag aan boord van sy skip beslag gelê is om vir sy skuld te betaal. Dus het hy geen geld gehad om vir sy dogters hulle geskenke te koop nie. Met sy terugkeer verdwaal hy in die woud. Terwyl hy skuiling soek, kom hy op 'n kasteel af. Binne vind hy tafels oorlaai met kos en drank, wat duidelik deur die kasteel se eienaar daar vir hom gelos is. Die handelaar aanvaar die geskenk en was op pad uit toe hy 'n roostuin gewaar. Terwyl hy besig was om die mooiste roos vir Belle te pluk, word die handelaar gekonfronteer deur 'n afskuwelike 'Ondier', wat hom vertel dat hy vir ewig sy gevangene sou wees omdat hy sy kosbaarste besitting gevat het. Die handelaar het gesmeek om vrygelaat te word deur te redeneer dat hy slegs die roos gepluk het as 'n geskenk vir sy jongste dogter. Die Ondier het ingestem om hom te laat gaan slegs as die handelaar sy dogter in ruil sou stuur. Die handelaar was ontsteld, maar het dit so aanvaar. Hy het probeer om dit geheim te hou vir Belle; maar sy het aangehou snuffel tot die waarheid uitgekom het en het toe gewilliglik na die Ondier se kasteel gegaan. Die Ondier het haar gulhartig ontvang en haar soos sy gas behandel. Hy het haar klere en kos in oorvloed gegee en het lang gesprekke met haar gevoer. Elke aand het die Ondier Belle gevra om met hom te trou, maar elke keer het sy geweier. Na elke weiering het Belle gedroom van 'n aantreklike prins wat by haar gepleit het om te sê hoekom sy hom aanhou weier. Belle het nie die verband tussen die aantreklike prins en die Ondier gesien nie en was oortuig dat die Ondier die prins êrens in sy kasteel gevange hou. Sy het na hom gesoek en het vele betowerde vertrekke gevind, maar natuurlik nooit die prins van haar drome nie. Eindelik het Belle begin terugverlang huis toe. Sy het die Ondier gesmeek om haar toe te laat om haar familie te sien. Hy het dit toegelaat op voorwaarde dat sy na een week moes terugkeer. Belle het ingestem en het met 'n towerspieël en 'n towerring vertrek. Die spieël het haar toegelaat om te sien wat in die kasteel gebeur en die ring het haar toegelaat om binne sekondes terug te keer na die kasteel wanneer sy dit drie keer om haar vinger sou draai. Haar ouer susters was verbaas om haar so gesond en geklee in duur klere te sien. Hulle was jaloers en het, nadat hulle gehoor het sy moet op 'n sekere dag na die kasteel terugkeer, haar gesmeek om nog 'n dag te bly. Belle was aangedaan en het ingestem om te bly, maar sy het skuldig gevoel oor die verbreking van haar belofte aan die Ondier. Sy het die spieël gebruik om te sien wat in die kasteel gebeur. Sy was met afgryse vervul om te vind dat die Ondier besig was om hom naby die roosbome dood te treur en het onmiddellik die ring gebruik om na die Ondier terug te keer. Teen die tyd wat Belle die Ondier gevind het, was hy reeds dood. Sy het begin huil en gesê dat sy hom liefgehad het. Toe die trane op hom val, het die Ondier weer lewendig geword en in 'n aantreklike prins verander. Die Prins het Belle vertel dat hy lank gelede deur 'n fee in 'n aaklige ondier verander is nadat hy geweier het om haar uit die reën binne te laat. Hy kon slegs die towerspreuk verbreek indien hy, ten spyte van sy lelike voorkoms, ware liefde kon vind En hulle het vir ewig gelukkig saam geleef Skep nou jou eie feëverhaal...

Ontwerp/V2 5 DoE/November 2009 2. OPDRAG/ONDERWERP: Afrika-renaissance 'n Renaissance kan verstaan word as hergeboorte, ontwaking, hernuwing van eeue oue, langverlore tradisies. Die skepping van 'n Afrika-renaissance het die fokus vir Afrika-mense in ons demokratiese land geword. Die behoefte om Afrika se prestasies te vier, is 'n droom wat ons toelaat om met trots deel van 'n kompeterende globale/internasionale gemeenskap te wees. 'n Afrika-renaissance dwing ons om trots te wees op ons geskiedenis 'n geskiedenis wat van ons verwag om ons uiteenlopende tradisies en volksverhale te hernu. Ons moet ontleen aan ons ryk mondelinge tradisies wat van generasie tot generasie oorgedra is. Ons inspirasie kan vanuit die magiese mitologie van prehistoriese kulture soos die San kom, asook vanuit hedendaagse kulture binne ons diverse land. Net so kan ons inspirasie put uit ons pragtige Afrika-landskap, wat ons hoop en versoening gee en wat ons trots maak om in Afrika te wees. Deur deel te neem aan 'n globale wêreld, moet Afrika-ontwerpprodukte 'n viering van Afrika-gewoontes en -tradisies wees en nie bloot oorsese neigings namaak nie. Die manuskripte van Timboektoe, die goue juweliersware van die Ashanti, die Lydenburg-koppe, die Zimbabwe-ruïnes, die renoster van Mapungubwe, al hierdie eeue oue artefakte laat ons stilstaan om ons Afrikawedergeboorte te herevalueer en te vier. Jy moet 'n ontwerpproduk, gegrond op die konsep van die Afrika-renaissance, skep. Jou ontwerp sal dus moet fokus op Afrika-tradisies en -tegnieke wat op 'n nuwe en unieke wyse gerealiseer word. Afgevaardigdes vanoor die hele wêreld, wat na Afrika kom vir konferensies, moet bewus gemaak word van hierdie oneindige historiese bron/reservoir. Ontwerpers is noodsaaklik in hierdie bewusmakingsproses. Maak EEN ontwerp in die dissipline van jou keuse, na aanleiding van jou interpretasie van bostaande tema. Jy mag van enige media/materiale/metodes gebruik maak om jou idee oor te dra.

Ontwerp/V2 6 DoE/November 2009 VEREISTES DEEL 1 PROSES 1. Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/werkboek (A3-grootte) gewys word. 2. Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels. 3. Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag opgelewer word, moet getoon word. 4. Die ontwerpproses moet in 'n A3-formaat vasgevang word. 5. Die werkboek/bronboek moet in die vorm van 'n album aangebied word (dit is in boekvorm). 6. Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai. 7. Die werkboek/bronboek moet van ligte materiaal gemaak wees sodat dit maklik vervoer kan word. 8. Maak seker dat die werkboek professioneel aangebied word. LET WEL: Omdat LU1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as LU2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daaraan bestee word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word. Jou opvoeder kan by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees. Jy mag tuis werk. Vir verdere voorstelle, verwys na die Leerprogramriglyne (LPR), Januarie 2008. VEREISTES VIR DIE ONTWERPPROSES Jy moet die volgende toon: Bewys van tonale tekening(e) wat verband hou met die finale konsep (1 x A3 of 2 x A4) Jy mag ook die volgende aanbied/voorlê: Uitdrukking van voorneme en beredenering Bewys van navorsing Bewys van eksperimentering Bewys van vrugbare idees (byvoorbeeld klein sketse ('thumb-nail sketches')) Bewys van ontwikkelingskonsepte Selfevaluering van die proses

Ontwerp/V2 7 DoE/November 2009 KRITERIA Jy kan van die volgende kriteria gebruik maak: Kreatiwiteit en oorspronklikheid Tegniek en vakmanskap/handvaardigheid Bewys van betrokkenheid by ontwerp: ontwerpelemente Bewys van betrokkenheid by ontwerp: ontwerpbeginsels Professionele aanbieding [50]

Ontwerp/V2 8 DoE/November 2009 DEEL 2 PRODUK 'n Tweedimensionele ontwerp behoort nie groter as A2-grootte te wees nie. Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word. LET WEL: Jou opvoeder mag jou glad nie help gedurende die finale produksie van jou ontwerp nie. Alle werk moet onder toesig van die opvoeder by jou skool gedoen word. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of 'gekoopte' werk sal streng gepenaliseer word. 'n Verklaring van egtheid moet deur elke kandidaat voltooi word (BYLAE A). Werk moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd plaasvind, byvoorbeeld gedurende drie agtereenvolgende dae van 6 uur elk. Dit kan met jou skool onderhandel word. KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK Jy behoort van die volgende kriteria gebruik te maak: Kreatiwiteit en oorspronklikheid ten opsigte van die konsep en oplossing(s) Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: ontwerpelemente en -beginsels Tegniek en vakmanskap Bewyse van ten minste 18 uur se werk Professionele aanbieding en funksionaliteit TOTAAL (LU1 EN LU2): [50] 100

Ontwerp/V2 9 DoE/November 2009 INSTRUKSIES AAN DIE OPVOEDER: PRAKTIESE EKSAMEN LU1 (50 PUNTE) EN LU2 (50 PUNTE) 1. Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE dele, LU1 (die eksamenwerkboek/-bronboek, A3-grootte) en LU2 (die finale praktiese eksamenproduk). 2. Hierdie praktiese vraestel behoort op 1 September in die 3 de kwartaal, 2009 aan die leerders gegee te word. Die eksamen- en inleweringsdatums sal deur die provinsies bepaal word. 3. Omdat LU1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as LU2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daaraan bestee word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word. 4. Gevolglik behoort leerders genoeg tyd vir hulle LU1 (voorbereiding) te hê. Die opvoeder kan by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees. As gevolg van die voorbereidende aard van LU1, word leerders toegelaat om werk tuis te voltooi. 5. Leerders moet die LU1-bronboek as verwysingspunt gedurende hulle LU2-eksamen gebruik. Beide LU1- en LU2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die LU2-eksamen aan die eksamenbeampte oorhandig word. Hierdie datum sal deur elke provinsie bepaal word. 6. Die opvoeder mag op geen wyse die kandidaat tydens die finale produksie van die ontwerpproduk help nie (LU2). 7. Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of 'gekoopte werk sal streng gepenaliseer word (geen punte). 8. LU2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd plaasvind, byvoorbeeld tydens 3 opeenvolgende dae van 6 uur elk. Jou keuse van eksamentydopsie moet met jou skool onderhandel word. 9. LU2 moet by die leerder se eksamensentrum onder toesig van die opvoeder plaasvind. LU2-werk mag nie tuis gedoen word nie. LU2-werk mag nie uit die eksamenlokaal weggeneem word nie. 10. Elke provinsie sal die proses betrokke by die nasien van LU1 (bronboek A3) en LU2 (finale produk) bepaal. Skole sal deur die provinsies in kennis gestel word met betrekking tot die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by die eksamensentrums. 11. Die eksamen-lu1 behoort professioneel in 'n A3-werkboek/-bronboekformaat in 'n albumvorm aangebied te word.

Ontwerp/V2 10 DoE/November 2009 12. LU1 en LU2 moet netjies en duidelik benoem word. Skrif moet duidelik en leesbaar wees. 13. Heg BYLAE A aan LU1- en LU2-werk. 14. Moenie eksamen-lu1 en -LU2 met die PAT'e 1, 3 en 5 (jaarwerk) verwar nie. PAT'e 1, 3 EN 5 1. Elke provinsie sal die modereringsproses van die eksamen-lu1 (proses/ voorbereiding in die werkboek/bronboek) en eksamen-lu2 (finale produk) en PAT'e 1, 3 en 5 bepaal. Skole sal deur die provinsies in kennis gestel word van die datum, tyd en plek vir die moderering van PAT'e 1, 3 en 5 (jaarwerk) en nasien/assessering van die finale eksamenwerk. 2. LU1 moet professioneel in 'n A3-grootte werkboek-/bronboekformaat in albumvorm aangebied word. 3. Kandidate wat nie PAT'e 1, 3 en 5 voorlê nie, sal GEEN punte vir hierdie deel van die eksamen ontvang nie. 4. Die volgende prosedure mag deur elke provinsie aangepas word om by hulle eie proses van moderering/assessering van werk aan die einde van die jaar te pas: 'n Voorbeeld van 'n samestelling van 'n werkboek/bronboek (A3): Inhoudsopgawe met leesbare bladsyverwysings. Al die LU1's (proses/voorbereiding) moet in die werkboek/bronboek (A3) in chronologiese volgorde saam met die onderskeie assesseringstate geplaas word, byvoorbeeld voltooide assesseringstaat gevolg deur LU1 (proses/voorbereiding) van PAT 1; voltooide assesseringstaat gevolg deur LU1 (proses/voorbereiding) van PAT 3; voltooide assesseringstaat gevolg deur LU1 (proses/voorbereiding) van PAT 5. 5. Elke provinsie sal die proses betrokke by die inlewering en moderering/assessering van LU2 self bepaal. 'n Moontlike voorbeeld: Die LU2 (finale produk) van PAT'e 1, 3 en 5 behoort as deel van 'n uitstalling aangebied te word, met die betrokke assesseringsblaaie onder of langs elkeen vir moderering. 6. Besonderhede van hoe die werkboek/bronboek (A3) benader moet word, kan in die Ontwerp-Leerprogramriglyne (Januarie 2008) en die Vakassesseringsriglyne (Januarie 2008) (DoE-webtuiste) gevind word.

Ontwerp/V2 DoE/November 2009 BYLAE A Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, voltooi, geteken en op die voorblad van die A3-jaarwerkboek/-bronboek (wat die voorbereiding/proses as deel van die PAT'e bevat) geplak word. Doen dieselfde met die finale eksamenwerkboek/-bronboek (wat die voorbereidingsproses van die finale eksamen bevat). LET WEL: Provinsies mag vereis dat hierdie werk in EEN werkboek/bronboek ingelewer word. Dui met 'n kruisie (X) aan of dit die jaarwerkboek/-bronboek (PAT'e) en/of die eksamenwerkboek/-bronboek is. JAARWERKBOEK/-BRONBOEK (voorbereiding/proses as deel van die PAT'e) EN Ontwerpprodukte as deel van die PAT'e EKSAMENWERKBOEK/-BRONBOEK (voorbereiding/proses vir finale eksamen) EN Finale ontwerpproduk(te) vir eksamen NOVEMBER 2009 PRAKTIESE EKSAMEN 1. Vaknaam 2. Vakkode VERKLARING Hierdie werk is onder toesig van die Ontwerp-opvoeder gedoen, sonder hulp van enigiemand anders. Hiermee word gesertifiseer dat al die werk voorgelê, die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is. Eksamennommer Sentrumnommer Distrik Streek Handtekening Datum Prinsipaal Eksamenbeampte